logomobile logo

Wat is nuut op Solidariteit?

Solidariteit is konstant besig om veranderinge aan te bring om die aanlyn gemeenskap meer gebruikersvriendelik te maak.
bekendstellingsnotas-hero-imagebekendstellingsnotas-hero-image

Tegniese veranderinge:
  • Die registrasieproses is na Livewire-vorms omskep.
  • Die HTML-veld is by gebeure ingesluit.
  • Die Leer-“tab” is in Alpine herbou.
  • Die logika van velde wat aan die dinamiese aftreklys gekoppel is, is aangepas.
  • Eenheidtoetse is verbeter (weergawe 2.18).
  • PHPStan-vlak 1 is in Augustus geïmplementeer.
  • Alpine is op groepe geïmplementeer.
  • Die skrip vir die verwydering van vervalde lidmaatskap is gewysig.
  • Openbare en private toegang (S3) is ingestel.

UAT-veranderinge:
  • Die lys van SVG’s is na WEBP-formaat omgeskakel.
  • Die afdeling vir werksgeskiedenis op CV’s is bygewerk.
  • Die mobiele weergawes van publieke en gemagtigde bladsye vir kursusse is hersien.
  • Die voorskou van groepe vir gebruikers wat nie deel van die groep is nie, is hersien.
  • Die fout waar die “Kanselleer”- en “Wysig”-knoppies van werkplasings gebruikers verkeerdelik na die tuisskerm terugstuur, is reggestel.
  • Die “Loopbaanvoorligter-tipes”-kieslysitem in die adminpaneel is na die Skolier-afdeling verskuif.

Algemene veranderinge:
  • Die API-versoek aan Payfast is geaktiveer.
  • ʼn Skoonmaakskrip vir die aktiwiteitslog is opgestel.
  • Besigheidsreëls is geïmplementeer om data-integriteit te verbeter.
  • Die “Diens”-hulpknoppie op die eenminuutvorm is beperk tot slegs die eerste bladsy.
  • ʼn Klein animasie is by die “Lekker”-knoppie gevoeg.